As ek hom vat gaan hy draai-draai hardloop in 'n reguit pad.
Sy skop nie baie watts uit nie - sy’s nie baie slim nie.
Is jy so gebore of so gemoer?
Dis net die oor van die seekoei - tip of the iceberg.
Jy is so deurmekaar soos n rietrot se gathare.
Sy't 'n gat soos 'n Oshkosh se diff.
Hy's so toe, as hy 'n wind laat, blaas sy sokkies op.
Hier en daar tande soos 'n vandisieklavier.
Die wag voor my mond is nou weer op vakansie in Margate.
Ek kan dit ook tonestaan net-net onthou ...
Klim van my tong af en praat jou eie prate!
Sy doen die canyon tango - loop snaaks.
Sy kan altyd my battery natpiepie - my pret bederf.
Sy kan die agterbeen van ‘n donkie afpraat.
No comments:
Post a Comment