Vier

Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids.
 
Mens hoef nie soos 'n plank te lyk om gespyker te word nie.
 
Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.
 
Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
 
Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.
 
Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
 
Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie.
 
Jy weet dat jy ‘n wettige lisensie nodig het vir jou vlak van onnoselheid.
 
Die mossies wil ook loerievere dra. (Keeping up with the Joneses.).
 
Jou ma is so lelik die laaste keer toe sy ‘n fluitjie gehoor het is toe sy getrap is deur ‘n trein.
 
Iemand het ‘n afdraande gesig soos ‘n wasplank.
 
Iemand het ‘n lang gesig soos ‘n perd wat berg-af kyk.
 
Haar naels is so skerp dat sy nie nooit ‘n skêr hoef te gebruik nie.
 
Hy is so lui dat hy gereeld bid om NIE werk te kry nie.