Drie
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
Hy is so kort hy weet nie of hy keelseer of aambeie het nie
Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.
Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou.
Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie.
Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.
Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap..
Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie
Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lĂȘ in die bed.
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om..