Ses

Gister vind ek mos uit drank is my baas! Nóú werk ek lekker.

Hy is so dom, hy dog Sherlock Holmes is ‘n behuisingskema.
 
Hy is so skeel, terwyl hy braai hou hy die vleis dop met een oog en soek solank nog hout met die ander.
 
Dit is nou so droog in die Boland, waterblommetjies word verkoop as droë rangskikkings.
 
Sy is so vlak soos ‘n piering.
 
Ek voel nou soos ‘n tienerdogter met ‘n puisie.
 
Moet asseblief nie drink en bestuur nie, stop eeder en vat ‘n slukkie.
 
Moenie drink en bestuur nie, suip en kruip.
 
Moenie drink en bestuur nie, rook boom en vlieg.
 
Hy’s so skelm hy steel ‘n CD uit ‘n CD-speler uit sonder dat die musiek stop.
 
Ek is so rof, ek skiet my tande met ‘n haelgeweer skoon.
 
Sy is so oud haar tiete lyk soos ‘n 1940 Ford se mudflaps.
 
Ek is nou so honger ek sal ‘n ronde paai soos ‘n pil sluk.
 
Ek sal jou klap dat jou kuite bars