Hierdie jaar gaan ek net een drankie per dag drink. Ek trek nou by 16 April.
Hy’s so skelm, jy moet jou vingers tel nadat jy met hom handgeskud het.
Hy was so lelik met geboorte dat hulle sy broeikasvensters moes tint.
Haar tiette is so groot, as sy op haar rug lê, dan lyk dit soos twee dart boards.
Haar boude hang soos ‘n afgetrede polisieperd s’n.
Hy het ‘n lang gesig soos ‘n dorsdonkie.
Ek is nou so gefrustreed ek kan die teëls met my naels lig.
Ek is nou so kwaad ek kan my agterstewe met ‘n pynappel afvee.
Hy het Shoprite-voete. (wanneer iemand se voete vuil is).
Hy is soos ‘n skool tydens vakansies – geen klas nie.
‘n Baba is ‘n soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.
Sy lippe is so dik, hy praat in hoofletters.
Sy huis is so vuil, jy moet jou voete afvee wanneer jy uitstap.
Sy is so vet, as sy op die bed lê, val sy albei kante af.