Nege

Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir ‘n hoofpyn nie..
 
So kalm soos ‘n daggawalm.
 
Moenie die lewe te ernstig opneem nie – niemand oorleef dit in elk geval nie..
 
Die ding van kleptomania is, as jy dit het, kan jy altyd iets daarvoor neem.
 
‘n Gevolgtrekking is waartoe jy kom as jy te lui is om verder te dink..
 
Ek is nou so kwaad ek kan die hel doodpis.
 
‘n Begroting is ‘n manier om sistematies bankrot te gaan.
 
Die maklikste om iets in die huis te vind is om nog een te koop.
 
Indien jy die eerste keer slaag – probeer om nie te verbaas te lyk nie.
 
Mag jou vingers in vishoeke verander en jou knaters begin jeuk.
 
Hy’s so kort, as hy op die mat sit hang sy voetjies af.
 
Sy soen soos ‘n stofsuier. As sy klaar is, moet jy jou onderbroek uit jou hol uit trek.
 
‘n Ereksie tel nie as persoonlike groei nie.
 
Sy is so kort, sy kan ‘n vlieër onder ‘n mat vlieg.