Sewe

Hy is so dom die hoenders byt hom.
 
Vader tyd is ‘n gemene ou bliksem.
 
Hy’t sy gat gesien sonder ‘n spieëltjie.
 
Die kamer is so klein, as jy jou mind wil change moet jy eers uitgaan.
 
Dis so droog, jy steek ‘n seël vas met ‘n kopspeld.
 
Dis so droog, jy poep dat die stof so staan.
 
Haar boude is so groot, as sy loop lyk dit soos 2 bulldogs wat in ‘n streepsak baklei.
 
‘n Politieke veldtog kos veel meer as wat ‘n eerlike man kan betaal.
 
Die kommin mense is soos 123, 1 liter brandewyn, 2 liter coke en 3 liter ford.
 
Op die Indiër se plaas lê die hoenders samoosas.
 
Ek is nou so verwar soos ‘n honger baba in ‘n Topless bar.
 
Ek is nou so deurmekaar, ek voel skoon soos ‘n balbyter in ‘n meisieskoshuis.
 
Ek het so minderwaardig gevoel soos ‘n Zim-dollar.
 
Hy is so maer soos ‘n vark op ‘n grondhervormingsplaas.