Twee

Jy sal vir jou moet laat kyk deur sewe skeel kamele - as iemand iets verkeerd doen. 

 

‘n Klein koppie soos ‘n vergooi kierie. 

 

‘n Klein koppie soos ‘n partytjiefrikkadel.  

  

Byt borrels - poep in die bad.   

 

Sy is so klein, sy verdwaal in ‘n telefoonhokkie.

   

Hy is so lelik, sy ma roep hom toe oë. 

 

Ek het nie tiete nodig nie, ek het ‘n persoonlikheid.

   

Hy is so vlytig dat hy volgende week se klante al eergister bedien het.   

 

Sy is so vinnig hier in en uit dat dit kompleet voel asof Schumacher se Ferrari parkeerplek soek. 

 

Hy is so lelik dat die honde eerder tjank as om vir hom te wil blaf. 

 

Hoe meer haas hoe minder wortels. 

 

Die man het so min ritme hy sukkel om aan ‘n deur te klop. 

 

Die kamer is so klein – ons verf sommer ons meubels op die muur.

Elke keer as die geskiedenis homself herhaal, gaan die prys op.