Jy is so skerp soos ‘n albaster. (wanneer iemand dom dinge doen)..
Gaan skommel ‘n bul. (Wanneer iemand moet skoert.).
Vierkantige kop soos ‘n weeshuisbrood.
Sy bene is so bak, sy voete hak in sy baadjiesakke vas as hy hardloop.
‘n Veraf uitdrukking soos ‘n donkie wat ‘n nuwe hek sien.
Lewe, dis ‘n plek waar jy vandaan kom, nie waar jy heengaan nie.
Hier is ek … so wat gaan jy met jou ander twee wense doen.
So deurmekaar soos ‘n poep in ‘n tuimeldroër.
Haar agterstewe lyk soos twee speenvarkies in ‘n streepsak opsoek na ‘n tiet.
Ek is nou so dors jy kan ‘n kaktus op my tong plant.
Ons was so arm, die voëls het vir ons krummels aangedra.
Jy is so maer soos ‘n depressiesprinkaan.
Ek is so arm, ek moet my kar bottelstoor toe stoot.
Jy was so lelik by geboorte, die dokter het jou ma geklap.